top of page
Search
Writer's pictureSkuldhulp

Bly Jou Gefinansierde Motor Veilig Gedurende Skuldberading?



Een van die mees algemene vrae wat mense het, is of jy jou gefinansierde motor sal verloor as jy onder skuldberading gaan? 


Dit is 'n verstaanbare bekommernis, aangesien jou motor noodsaaklik is vir jou daaglikse lewe.


As jy bekommerd is oor die moontlikheid, is dit belangrik om te verstaan hoe skuldberading werk en hoe dit jou eintlik beskerm. 


Jou Motor en Skuldberading?


Jou motor stel jou in staat om werk toe te gaan, kinders skool toe te neem en ander noodsaaklike take te verrig. 


  • Wanneer jy onder skuldberading is, sal jou skuldberader jou finansiële situasie volledig evalueer en 'n realistiese terugbetalingsplan opstel wat jou skuld insluit, insluitend jou motorfinansiering.

  • Hierdie terugbetalingsplan word met jou skuldeisers onderhandel en goedgekeur, wat beteken dat jy 'n enkele, bekostigbare maandelikse betaling maak wat al jou skuld en jou motor dek. 


Wat gebeur met jou ballonbetaling?


Wanneer jy aansoek doen vir skuldberading en jy het 'n ballonbetaling gekoppel aan jou motorfinansiering, sal daardie ballonbetaling ingesluit word in jou nuwe terugbetalings.  


  • Dit beteken dat die skuldberader sal help om die ballonbetaling saam met jou ander skulde te herstruktureer. 

  • Die doel hiervan is om jou maandelikse betalings meer bekostigbaar te maak en om te verseker dat jy nie sukkel om jou verpligtinge na te kom nie.


Wat sal gebeur met jou motorversekering?


As jou motor nog gefinansier is, is dit verpligtend om omvattende voertuigversekering vir die motor te hê. 


  • Dit is uiters belangrik indien jy vir skuldberading sou aansoek doen. Die kredietverskaffer sal waarskynlik bewys van motorversekering van die skuldberader vereis, wat die kliënt moet voorsien. 

  • Hierdie versekeringsbewys dien as 'n waarborg dat die voertuig beskerm word teen enige skade of verlies, wat beide die kliënt en die kredietverskaffer se belange beskerm. 

  • Jou versekeringspaaiement sal by jou begroting ingewerk word, en jy sal aanhou om dit soos normaal te betaal. Dit beteken dat jou oorspronklike premie steeds geldend bly en nie verander nie, sodat jy die voordele van jou versekeringspolis kan behou sonder enige onderbrekings of probleme.


Wetlike Beskerming


Een van die belangrikste voordele van skuldberading is die beskerming wat dit bied teen geregtelike stappe van jou skuldeisers. 


  • Sodra jy onder skuldberading is en jou aansoek ingedien is, kan jou skuldeisers geen geregtelike stappe teen jou neem of beslag lê op jou bates of jou motor nie.  

  • Hierdie beskerming gee jou die nodige tyd en gemoedsrus om jou skuld te herstruktureer en jou finansiële situasie te verbeter sonder die vrees vir regsaksie of verlies van jou motor.


Dit is egter belangrik om te verstaan dat hierdie beskerming voorwaardelik is. Jy moet jou skuldberadingsplan nakom en jou maandelikse betalings betyds maak. As jy ophou om jou betalings te maak of jou plan nie volg nie, kan jou skuldeisers weer geregtelike stappe teen jou neem. 


Dit kan uiteindelik lei tot die verlies van jou motor.


Wanneer sal jou motor nie beskerm word nie?


  1. As jy 'n Artikel 129-skrywe van eis ontvang het: Dit beteken dat jou kredietverskaffer jou in kennis gestel het dat jy agterstallig is met jou betalings en hulle geregtelike stappe oorweeg om die skuld te verhaal. Jy het 10 dae van ontvangs  om aksie te neem en ‘n skuldberader te kontak. 

  2. As jy betalings op jou skuldberadingsplan misgeloop het: Jy moet jou hergestruktureerde maandelikse betalings betyds maak. Indien jy versuim om dit te doen, verval die beskerming en kan jou skuldeisers weer aksie neem.


Dit is dus noodsaaklik om jou skuldberadingsplan stiptelik te volg en jou betalings gereeld te maak om die voordele van die beskerming teen geregtelike stappe te behou. 


Die Kort Antwoord Oor Jou Motor


In die meeste gevalle sal jy nie jou gefinansierde motor verloor as jy onder skuldberading geplaas word nie. Skuldberading is ontwerp om jou te help om jou skuld meer bekostigbaar en hanteerbaar te maak deur om al jou skuld te konsolideer in een maandelikse betaling. 

Solank jy die betalings volgens die terugbetalingsplan nakom, behoort jy jou voertuig te kan behou. Dit is egter belangrik om enige veranderinge in jou finansiële situasie met jou skuldberader te bespreek om te verseker dat jou terugbetalingsplan steeds vir jou werk.


Vir meer inligting en hulp, besoek Skuldhulp om te leer hoe skuldberading jou kan help om beheer oor jou finansies te kry. 





59 views0 comments

Comments


bottom of page