top of page
Search
Writer's pictureSkuldhulp

Die Twee-Pot Aftreestelsel: Hoe dit Werk en die Risiko’s

Die nuwe Twee-Pot Aftreestelsel bied Suid-Afrikaners toegang tot hul aftreefonds vir noodgevalle. Die buigsaamheid van die stelsel mag dalk aantreklik lyk, maar daar is baie belangrike faktore om in ag te neem voordat jy jou geld vroeg onttrek. 


In hierdie artikel gaan ons verduidelik hoe die Twee-Pot Aftreestelsel werk en waarom dit belangrik is om versigtig te wees met vroeë onttrekkings. 


Die stelsel gee wel korttermyn finansiële verligting, maar dit verg finansiële beplanning om die langtermyn impak te minimaliseer indien jy geld sou onttrek. 


Hoe die Twee-Pot Aftreestelsel Werk


  • Jou bestaande aftreespaargeld tot en met 31 Augustus 2024 word in jou "gevestigde pot" geplaas. 

  • Hierdie spaargeld kan jy eers gebruik wanneer jy aftree, maar dit sal aanhou groei deur jou fonds se beleggings.

  • Jy mag nie meer bydraes tot hierdie gevestigde pot maak nie. 

  • Verder laat die stelsel toe dat jy tot 10% van jou gevestigde pot, tot 'n maksimum van R30 000, kan oordra na jou noodspaarpot.

  • Hierdie bedrag sal dien as ’n beginsaldo vir noodgevalle. 


Nuwe bydraes na 1 September 2024 word

opgedeel tussen die Twee Nuwe Potte



  • 33% van jou maandelikse aftreebydraes gaan na 'n noodspaarpot, wat in noodgevalle beskikbaar is. 

  • Die pot groei met jou bydraes en beleggingsopbrengste.

  • Jy mag een keer per jaar geld onttrek, met 'n minimum van R2 000, tot die volle beskikbare bedrag in jou noodpot. 

  • Belasting en administrasiekoste sal van die bedrag afgetrek word. 

  • By aftrede kan jy die oorblywende geld as 'n enkelbedrag laat uitbetaal en belas word.



  • 67% van jou maandelikse aftreebydraes gaan na jou aftreepot.

  • Hierdie pot kan nie voor aftrede onttrek word nie.

  • By aftrede moet die volle bedrag gebruik word om ’n pensioen te koop, behalwe as dit minder as R165 000 is, dan kan jy dit as kontant neem.

  • Jou bydraes en beleggingsopbrengste laat die pot groei.


Wat is die Gevolge van Vroeë Onttrekkings?


Om geld uit jou noodspaarpot te onttrek sal die bedrag wat jy belê het, verminder. In hierdie berig van Maroela Media word Suid-Afrikaners aangemoedig om versigtig te wees wanneer hulle oorweeg om geld uit hul aftreefondse te onttrek. Lees die berig hier.


Bereken die Impak van Jou Onttrekking


Om uit te werk hoe jou onttrekking jou toekomstige finansiële sekuriteit sal beïnvloed, het Sanlam 'n Twee-Pot Kalkulasie ontwikkel. Hierdie hulpmiddel help pensioenfondslede om die effek van 'n onttrekking op hul aftreefonds te bereken. Dit gee 'n deeglike voorbeeld van hoe jou onttrekking, jou aftree spaargeld later kan benadeel. Met hierdie kalkulasie, kan jy faktore soos jou ouderdom, aantal jare tot aftrede, huidige fondswaarde, en bydraes in ag neem om 'n ingeligte besluit te neem.


Voordat Jy Geld Onttrek Oorweeg Hierdie Opsies


Voordat jy enige besluite neem om geld uit jou pensioenfonds te onttrek, oorweeg hierdie opsies:


  • Jou Finansiële Behoeftes: Vra jouself of hierdie onttrekking regtig noodsaaklik is. 

  • Beplanning vir die Toekoms: Dit mag die moeite werd wees om met 'n finansiële adviseur te praat. Dit sal jou help om te verstaan hoe onttrekkings uit jou aftreefonds jou aftrede kan beïnvloed.

  • Oorweeg die Belasting Implikasies: Vind uit in watter belastinggroep jy sal val voordat jy enige geld onttrek.


Ons Laaste Gedagte


Om geld uit jou noodspaarpot te onttrek kan aanloklik wees, maar dit het langtermyngevolge wat jou toekoms kan beïnvloed. Neem jou tyd om al die faktore versigtig en deeglik te oorweeg.


Plaas jou Skuld in Ons Hande! 

Met die regte hulp kan jy weer jou finansiële stabiliteit herwin.Vir meer inligting en hulp, besoek Skuldhulp om te leer hoe skuldberading jou kan help om beheer oor jou finansies te kry. 



24 views0 comments

Comments


bottom of page