top of page
Search
Writer's pictureSkuldhulp

Hoe beskerm jy jou motor teen skuldeisers?




Net die gedagte om jou motor te verloor, kan 'n mens nagmerries gee.  


Jou motor is 'n integrale deel van jou lewe. Dit is wat jou in staat stel om werk toe te ry en jou kinders skool toe te neem. Die vrees om jou motor te verloor, kan jou vermoë belemmer om oplossings te soek en die nodige stappe te neem om dit te vermy. 


Hierdie artikel verskaf praktiese wenke oor hoe om te verhoed dat jou motor deur jou kredietverskaffer teruggeneem word.


Wat Presies Gebeur Voordat Jou Motor Teruggeneem Word?


1. Artikel 129-kennisgewing


'n Artikel 129-kennisgewing is 'n wetlike dokument wat jou formeel inlig dat jy agterstallig is met jou betalings op 'n kredietooreenkoms, soos jou motorlening. Dit is 'n formele stap wat deur die kredietverskaffer geneem word om jou aandag te vestig op die feit dat jou skuld agterstallig is en dat verdere aksie geneem kan word as die situasie nie reggestel word nie. Gedurended hierdie tydperk kan jy aansoek doen vir skuldberading. 


2. Hofbevel


As jy nie die situasie regstel na ontvangs van die Artikel 129-kennisgewing nie, kan jou kredietverskaffer 'n hofbevel verkry om die voertuig terug te neem. Jy sal 'n dagvaarding van die hof ontvang en het tien werksdae om daarop te reageer. Dit is 'n kritieke tyd om hulp te oorweeg en moontlik regsadvies in te win.


3. Terugname van Voertuig


Indien daar geen ooreenkoms bereik word nie of die agterstallige paaiemente nie ingehaal word nie, sal die kredietverskaffer die voertuig teruggeneem. Dit is die finale stap in die proses as jy nie die nodige betalings kan maak of 'n alternatiewe reëlings kan tref nie.


4. Stoor en Veiling


Nadat die voertuig teruggeneem is, sal dit vir 'n tydperk gestoor word voordat dit opgeveil word. Die doel van die veiling is om soveel moontlik van die uitstaande balans te kry deur die verkoop van die voertuig.


5. Balans Verskuldig


As die veiling nie die oorblywende waarde van die motor volgens jou ooreenkoms dek nie, sal jy verantwoordelik wees vir die oorblywende balans. Dit beteken dat jy steeds 'n bedrag sal skuld, selfs nadat die voertuig verkoop is. Hierdie oorblywende balans kan 'n las wees en verdere finansiële probleme veroorsaak.


Kan My Motor teruggevat word Sonder 'n Hofbevel?


Sommige kredietooreenkomste bevat 'n klousule, wat voorsiening maak vir die terugname van die voertuig sonder 'n hofbevel indien jy agterstallig raak met jou betalings. Hierdie klousule stel die kredietverskaffer in staat om die voertuig terug te neem sonder om die hof te betrek, mits sekere voorwaardes nagekom word. Dit is belangrik om jou kontrak deeglik deur te lees om te verstaan of so 'n klousule van toepassing is.


Stappe om Jou Motor te Beskerm Teen Skuldeisers


1. Kommunikeer met Jou Kredietverskaffer


  • Neem Vroegtydig Aksie: As jy agterkom dat jy nie jou paaiemente kan bekostig nie, kontak jou kredietverskaffer so gou moontlik. Deur proaktief te wees, kan jy potensiële reëlings tref voordat die situasie eskaleer.

  • Onderhandel 'n Nuwe Betalingsplan: Praat met jou kredietverskaffer oor die moontlikheid om 'n nuwe, meer bekostigbare afbetalingsplan te onderhandel. Hulle mag bereid wees om jou paaiemente te herstruktureer.


2. Oorweeg Skuldberading


  • Raadpleeg 'n Skuldberader: 'n Geregistreerde skuldberader kan jou help om jou skuld te herstruktureer en met jou skuldeiesers te onderhandel om jou premies te verlaag na ‘n bedrag wat jy kan bekostig. 

  • Skuldberading is 'n proaktiewe stap, wat verseker dat jy die ondersteuning en regbeskerming kry wat nodig is om jou skuld direk aan te pak. 


3. Hersiening van Jou Begroting


  • Hersien Jou Begroting: Kyk na jou maandelikse inkomste en uitgawes om areas te identifiseer waar jy kan bespaar. Dit kan jou help om meer fondse beskikbaar te stel vir jou motorpaaiemente.

  • Sny Onnodige Uitgawes: Verminder onnodige uitgawes om jou finansiële las te verlig en meer geld beskikbaar te stel vir jou skuldverpligtinge.


4. Regshulp


  • Ken Jou Regte: Wees bewus van jou regte onder die Nasionale Kredietwet. Die wet vereis dat kredietverskaffers sekere prosedures moet volg voordat hulle jou motor kan terugneem.


5. Alternatiewe Oplossings


  • Verkoop en Koop 'n Goedkoper Voertuig: As jy 'n duur motor het wat moeilik is om te bekostig, oorweeg om dit te verkoop en 'n goedkoper voertuig aan te skaf wat meer bekostigbaar is.


Aansoek vir skuldberading



As jy oor verskeie kredietooreenkomste beskik, oorweeg dat ‘n skuldberader dit konsolideer deur 'n enkele betaling met 'n laer rentekoers. Dit kan jou maandelikse betalings verminder en jou finansiële las verlig.

Maak seker dat jy  'n betroubare en geregistreerde maatskappy soos Skuldhulp kontak om jou deur die proses effektief te lei.




Skuld jy meer as R35K in totaal aan jou skuldeisers?

Indien wel, laat Skuldhulp se beraders jou finansiele situasie deeglik ondersoek deur ‘n volledige assessering wat verniet is.  Ons kan jou maandelikse betalings konsolideer en jou skuld verminder vir onmiddellike finansiële verligting. 


Kontak ons vandag vir hulp in jou taal. 






137 views0 comments

Commentaires


bottom of page