top of page
Search
Writer's pictureSkuldhulp

Skuld volledig afbetaal? Wat is die volgende stap?



Die skuldhersienings proses het jou gehelp om jou skuld volledig terug te betaal, maar hoe lank neem dit om die “merk” van jou naam te verwyder?   

Kom ons ondersoek die hele proses en wat jy kan verwag .Lees verder sodat jy met gemoedsrus kan voortgaan om jou finansiële toekoms weer te kan herbou. 


Die Skuldhersienings Proses


Skuldhersiening behels ’n gesertifiseerde skuldberader wat help met die herstrukturering van jou skuld en die opstel van ’n hanteerbare terugbetalingsplan. Hierdie proses bied beskerming teen regstappe deur krediteure en maak voorsiening vir ‘n verlengde skuldterugbetalings tydperk. 


Na voltooiing van alle skuldbetalings binne die plan, sal 'n Vorm 19 deur die skuldberader uitgereik word. Hierdie vorm bevestig suksesvolle skuldvereffening en die verwydering van jou skuldhersiening status by die kredietburo's.


Verwydering van die skuldhersienings-merk


Die tyd wat dit neem om die skuldhersienings-merk van jou naam te verwyder, kan wissel, maar hier is 'n algemene oorsig van die stappe en die tydsduur:


  1. Vorm 19 Indiening: Jou skuldberader stuur die Vorm 19 na die kredietburo's. Hierdie stap is gewoonlik onmiddellik nadat al jou skuld afbetaal is en kan 'n paar dae tot 'n week neem om verwerk te word.

  2.  Kredietburo Opdatering: Die kredietburo's moet die inligting opdateer en die skuldhersiening-merk van jou profiel verwyder. Volgens die Nationale Kredietwet het kredietburo's tot 21 werksdae om die nodige opdaterings te maak, afhangend van hoe vinnig die buro's werk en of daar enige verdere inligting nodig is.

  3. Bevestiging: Jy kan 'n kredietverslag aanvra om te bevestig dat die skuldhersienings-merk verwyder is. Ons stel voor om dit binne 30 - 60 dae na die indiening van die Vorm 19 te doen om seker te maak dat die verwydering van die “merk” suksesvol was.


Wat om te doen as die “Merk” nie verwyder is nie


Indien die skuld hersiening “merk” nie verwyder is na die verwagte tydperk nie, moet jy die volgende stappe volg:


  1. Kontak jou Skuldberader: Vra jou skuldberader om die situasie te ondersoek en seker te maak dat Vorm 19 korrek ingedien is.

  2.  Kontak die Kredietburo's: Skakel die kredietburo's direk en vra oor jou status. Jy kan ook 'n dispuut indien as die inligting nie korrek opgedateer is nie.

  3.  Dien 'n Klagte In: Indien die probleem steeds nie opgelos is nie, kan jy 'n formele klagte indien by die Nasionale Kredietreguleerder. Die Nationale Kredietreguleerder is daar om te verseker dat die kredietwetgewing reg toegepas word en kan verdere hulp verleen om die probleem op te los.


Waar om jou status te monitor


Jy kan jou kredietstatus en die verwydering van die skuldhersienings-merk monitor deur kredietverslae aan te vra by die volgende kredietburo's in Suid-Afrika:


  1. TransUnion: Besoek TransUnion se webwerf om jou kredietverslag aan te vra.

  2. Experian: Jy kan 'n verslag aanlyn aan vra deur Experian.

  3. XDS: Gaan na XDS om jou kredietstatus te monitor.


Dit verg Harde Werk en Toewyding


 Dit is belangrik om te onthou dat die pad na skuldvryheid nie noodwendig maklik is nie, maar deur vasberadenheid en die regte ondersteuning, soos dié van Skuldhulp, sal jy dit bereik. 


Jou harde werk en toewyding om jou skuld terug te betaal  is iets om op trots te wees, en dit bring jou nader aan 'n stabiele finansiële toekoms.

Nou dat jy weet wat om te verwag, is jy beter toegerus om die laaste stappe van jou skuldhersienings reis  met selfvertroue aan te pak. 


Hoe ons jou kan help?


Laat Skuldhulp se beraders jou finansiele situasie deeglik ondersoek deur ‘n volledige assessering wat verniet is.  Ons kan jou maandelikse betalings konsolideer en jou skuld verminder vir onmiddellike finansiële verligting. 


Kontak ons vandag vir hulp in jou taal. 






30 views0 comments

Comments


bottom of page