top of page
Search
Writer's pictureSkuldhulp

Wanneer word skuld te veel skuld?




Wanneer 'n mens aan skuld dink, kan dit in 'n positiewe of negatiewe lig gesien word. In 'n positiewe lig is skuld 'n hulpmiddel om 'n huis te koop, 'n motor te finansier of selfs jou besigheid te begin. Maar wanneer skuld jou langtermyn finansiële stabiliteit bedreig, is dit tyd om aksie te neem.


Maar hoeveel skuld is te veel? 


Die hoeveelheid skuld wat as "te veel" beskou word, kan wissel afhangende van individuele omstandighede en inkomste vlakke. Om hierdie tekens te herken is noodsaaklik om die probleem vroeg aan te spreek.


Lees verder om te bepaal of jy te veel skuld het en die praktiese stappe wat jy kan neem om beheer oor jou finansies te neem. 


Verstaan jou Skuld

Ons maak dikwels staat op krediet om ons behoeftes te finansier dit kan insluit, persoonlike lenings en kredietkaarte tot klere rekeninge, huislenings en voertuig finansiering. 'n Groot deel van Suid-Afrikaners sukkel met skuld, met baie mense wat 'n groot persentasie van hul inkomste aan skuld terugbetalings spandeer. Hierdie tendens beklemtoon die belangrikheid om jou skuld effektief te bestuur. 


Wanneer het jy te veel skuld?


1. Jy het 'n Hoë Skuld-tot-Inkomste-verhouding

Die skuld-tot-inkomste-verhouding bepaal hoeveel van jou inkomste na skuld terugbetalings gaan. As dit 43% oorskry, mag jy oorbelas wees. 

Om jou skuld-tot-inkomste-verhouding te bereken, deel jou totale maandelikse skuldterugbetalings deur jou  maandelikse inkomste ( voor aftrekkings), en vermenigvuldig dan met 100 om 'n persentasie te kry. 


2. Jy kan net die Minimum Betalings Bekostig

As jy sukkel om die minimum betalings op jou kredietkaarte of lenings te maak en dit moeilik vind om ‘n gedeelte van jou salaris opsy te sit vir lewenonskostes, kan dit 'n teken wees dat jou skuld onhanteerbaar is. Om betalings nie te maak nie, of slegs die minimum bedrag te betaal, kan lei tot verhoogde rente en verdere finansiële druk.


3. Jy Gebruik Skuld om Skuld te Betaal


Om op nuwe lenings of kredietkaarte staat te maak om bestaande skuld af te betaal, is 'n duidelike aanduiding van finansiële probleme. Hierdie siklus kan vinnig buite beheer raak, wat ook lei tot hoër rentekoerse en bank fooie.


4. Gebrek aan Spaargeld

'n Onvermoë om geld te spaar as gevolg van hoë skuldterugbetalings is nog 'n waarskuwings teken. Ideaal gesproke behoort jy 'n nood fonds te hê wat ten minste drie tot ses maande jou lewenonkostes kan dek. As jou skuldterugbetalings jou verhoed om te spaar, mag dit tyd wees om jou finansiële situasie te herevalueer.


Wat is die gevolge van te veel skuld

Wanneer jy sukkel om jou skuld terug te betaal kan jy  jou kredietrekord beskadig, regsaksies in die gesig staar en aansienlike stres ervaar. Jy mag sukkel om basiese behoeftes te bekostig en loop die risiko om meer skuld op te bou of beslaglegging op jou bates kan ook plaasvind.


Hoe bestuur jy jou skuld effektief?


Werk aan 'n begroting

Jou begroting sal bepaal of jy te veel skuld het deur jou inkomste met jou lewenskoste en skuldterugbetalings te vergelyk.


Jou begroting wys dat jy te veel skuld het as:

As jou inkomste skaars jou noodsaaklike lewensonkoste (behuising of kruideniersware) dek, dui dit op finansiële druk.


  • Inkomste teenoor jou Lewensonkoste

As 'n groot gedeelte van jou inkomste na skuldterugbetalings gaan en min oorlaat vir noodsaaklikhede of spaargeld, is dit 'n teken dat jou skuld te hoog is.

  • Skuldterugbetalings

As jou begroting 'n negatiewe kontantvloei toon, wat beteken jou uitgawes (insluitend skuldterugbetalings) oorskry jou inkomste, het jy te veel skuld.

  • Verminder Onnodige Uitgawes

Identifiseer en sny onnodige uitgawes. Dit kan insluit om minder gereeld uit te eet, ongebruikte  subskripsies  te kanselleer, of meer bekostigbare alternatiewe vir dienste en produkte te vind.

  • Verhoog Jou Inkomste

Soek geleenthede om jou inkomste te verhoog, soos om vryskutwerk te doen en dalk ongebruikte items in jou huis te verkoop. 'n Bykomende inkomste kan jou help om jou skuld vinniger af te betaal.


Wat is Skuldberading?




Skuldberading is 'n wettige proses wat Suid-Afrikaners help om hul skuld op 'n bekostigbare manier af te betaal. By Skuldhulp evalueer 'n gekwalifiseerde skuldberader jou finansiële situasie en onderhandel met krediteure vir 'n gekonsolideerde terugbetalingsplan. Dit sluit 'n enkele maandelikse betaling in wat jou terugbetalings bekostigbaar maak, jou teen regstappe beskerm, en jou rentekoerse en fooie verminder. Skuldberading bied onmiddelike finansiële verligting.


Deur die tekens van oormatige skuld te erken en effektiewe strategieë toe te pas, kan jy beheer oor jou finansies herwin en werk na 'n skuldvrye toekoms.

Vir enige verdere navrae oor skuldberading en hoe ons jou kan help, kontak ons vandag.





97 views0 comments

Commentaires


bottom of page